Geesenlewe
  • Tuisblad
  • Wie Is Ons
  • Gazette's
    • Tussen die Dames
    • Volle Gees en Lewe Artikels
    • Vanaf Pastoor Robbie se Lessenaar
    • Die Nes
  • Aktiwiteite
  • East Coast Foundation
  • +27 73 899 2323
  • admin@geesenlewe.co.za
  • Kantoor ure - Dinsdae tot Vrydae: 08h30 to 13h30
  • A_Welkom.jpg
  • B_Tema.jpg
  • C_Jeug_Banner.jpg
  • D_Oggend_D_Ban.jpg
  • E_Kinds.jpg
  • F_Celebration_Banner.jpg
Previous Next Play Pause

 

Gees en Lewe Gemeente fokus daarop om die Vader lief te hê en om vanuit Sy liefde mekaar en die Gemeenskap te bedien. Ons Gemeente het ’n Afrikaanse en Pinkster karakter en ons begeerte is om net te bereik waarvoor die Vader ons geroep het.  Een van ons gunsteling verse vind ons in Joh 6:63: “Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe”.

Ons Gemeente Visie:  Om tot eer van God ‘n effektief, diensbaar, sielewennende liggaam van Christus te wees. Ons leef ons Visie uit deur te streef na ...

...‘n Hart vir God te hê:  (Eer) Ons wy ons daaraan toe om so dikwels moontlik die Here se teenwoordigheid op te soek en Hom te eer en aanbid – nie net vir wat Hy vir ons doen nie, maar vir wie Hy is! Ons het weekliks Feesdiense, Selbyeenkomste (Jetrogroepe), Tiener byeenkomste (FlyZone), gebedstye en ook ‘n baie effektiewe Kinderbediening.

...‘n Hart vir Groei te hê:  (Effektief) Ons glo in die belangrikheid van Dissipelskap.  Ons Gemeentelede word toegerus in hierdie area deur verskeie geleenthede te skep vir Geestelike verryking, ontwikkeling van Bedieninge, asook die opleiding in verskeie Bedieningsareas. Ons bied ook ’n dinamiese Woordskool aan.

...‘n Hart vir Dien te hê: (Diensbaar) Ons glo daarin om te dien.  Jesus is ons voorbeeld en ons lees in die Woord dat Jesus nie mens geword het om gedien te word nie maar dat HY egter gekom het om te dien (Markus 10:45).  Ons Gemeentelede word aangemoedig om die volgende uit te leef: “let us serve one another to the level of embarrassment”. 

... ‘n Hart vir Mense te hê:  (Sielewennende) Ons hoogste roeping en fokus is om siele vir die Here te wen. en ons plaas ’n definitiewe fokus hierop.  Tans ondersteun ons die Makwe Sendingstasie in Mosambiek asook die Jesus Film Sendingstasie in Koffiebaai, Transkei.   Die Nes (deel van ons Welwillendheid Bediening) voorsien aan ongeveer 1 500 mense weekliks kos en ander noodsaaklikhede.  

...‘n Hart vir Mekaar te hê:  (Liggaam) Ons wil graag vir mekaar daar wees – in tye wanneer dit goed gaan en tye wanneer dit minder goed gaan. Ons skep verskeie geleenthede deur die jaar vir gesonde interaksie om sodoende saam te groei tot betekenisvolle verhoudinge.

 
 

Gemeente aktiwiteite

Jeug bediening

Gemeenskap projekte

GEES EN LEWE

Meer oor Gees en Lewe

Ontmoet ons Leiers

East Coast Foundation

Kerk Lewe

Monthly Gazettes

FlyZone Jeug

Privaatbeleid

Kopiereg Gees en Lewe 2020. Alle regte voorbehou

© 2020 Gees en Lewe

Bankbesonderhede

ABSA REKENING

Naam van Rekening - Gees en Lewe

Rekening nommer - 404 906 9209 / Tak Kode: 632 005

www.absa.co.za


 

  • Tuisblad
  • Wie Is Ons
  • Gazette's
    • Tussen die Dames
    • Volle Gees en Lewe Artikels
    • Vanaf Pastoor Robbie se Lessenaar
    • Die Nes
  • Aktiwiteite
  • East Coast Foundation