Wie is ons?

 
Gees en Lewe Gemeente is in November 1998 in Gonubie as AGS Gonubie Selkerk gestig. Die eerste dienste is die die Boyscout saal in Twaalfde Laan gehou, waarna ons in September 1999 na die regterkantste vleuel van Gonubie Mall verhuis het.  Daar was ons vir bykans 10 jaar gevestig terwyl ons intussen ons eie grond gekoop en begin bou het. Ons het op die 5de Oktober 2008 in ons nuwe gebou ingetrek en ons is steeds opgewonde daaroor!  Ons dank God vir die voorsiening tot op datum en ons besef net weer dat waar God lei, Hy ook sal voorsien. 

 

Ons sien…

…’n Gemeente waar lewens verander word / where lives are changed

…’n Gemeente van invloed / influence that cannot be ignored

…’n Gemeente van integriteit / integrity

…’n Gemeente van uitnemendheid / excellence

…’n Gemeente wat ander laat belangrik voel / let others be important

…’n Gemeente wat sy waardesisteem uitleef / living our values

 Ons sien uit na die moontlikheid om u by ons Gemeente te ontvang!

  • 1ags_pastoor_paar1.jpg
  • 2020.jpg
  • ags_gebou.jpg
  • GnL_banner_2.jpg