FlyZone Jeug

Gees en Lewe Jeug Bediening

“Tieners, nie net die kerk van môre nie, maar die kerk van vandag.”

Ons hart is om ‘n gemaklike en veilige omgewing te skep vir ons tieners om te kom wees wie hulle is saam met hulle vriende.  Ons Vrydaeaande gevul met speeletjies en saam lag.  Ons skep ‘n geleentheid vir aanbidding gevolg met ‘n boodskap uit die Bybel gelei deur een van ons jeug leiers.  Ons motiveer dat die boodskap van Jesus nie net ‘n storie is nie, maar ‘n leefstyl.