Welkom by Gees en Lewe
Saam wees is vir ons belangrik.
Dienste
By Gees en Lewe Gemeente glo ons dat daar krag is wanneer gelowiges saamkom. Hebreërs 10:25 herinner ons daaraan om nie die onderlinge byeenkomste na te laat nie, maar om mekaar aan te moedig en op te bou in geloof. Daarom skep ons doelbewus geleenthede vir elke ouderdomsgroep om weekliks bymekaar te kom — ’n plek waar mense kan groei in hulle verhouding met God en mekaar soos ons saam die Here dien. Van kinders en tieners tot jong volwassenes en gesinne, ons hart is om ruimtes te skep waar elke persoon welkom voel en geestelik kan groei.
Feesdiens
Sondae – 09:00
Saamwees is vir ons belangrik. Ons Feesdienste is vir die hele gesin — ’n tyd van saamwees in die Woord en aanbidding.
Kinderbediening
Sondae – 09:00
Kinderbediening (3 Jaar – Graad 7) is tydens ons Feesdiens. Hulle is nie net die kerk van môre nie, maar die kerk van vandag.
Tieners
Vrydae – 18:30
Ons rus ons Tieners (Graad 8-12) toe om die lewe te navigeer volgens die Woord van God. Aande gevul met pret en saam lag.
Carpet Time
Sondae – 18:00
Carpet Time; ’n tyd van getuienisse, gebed en aanbidding. (Een keer ‘n maand op die eerste Sondag van elke maand.)
Ons Span
Hier is die span wat die “engine” laat hardloop agter alles wat deur die week by die kerk gebeur.
Ps. Robbie Black
Gemeente Herder
Andriëtte Fokker
Gemeente Administrasie
Arnu Black
Gemeente Tieners
Jean-Pierre Greyling
Gemeente Aanbidding en Multi-Media
Skakel In
By Gees en Lewe Gemeente bied ons soveel meer aan as net dienste en byeenkomste. Daar is verskeie geleenthede om deel te word van die gemeentelewe en saam die pad van geloof te stap. Lees gerus verder om meer te ontdek oor alles wat ons gemeente bied.
Jetro-Groepe
Ons selgroepe skep ruimte vir geestelike groei, ondersteuning en gemeenskap buite ons gewone gemeentebyeenkomste.
Bedieninge
Dis vir ons belangrik dat elke persoon as deel van die liggaam van Christus inskakel in ’n area waar hulle gelei voel om te dien.
Gebedsgeleenthede
Gebed is vir ons ’n prioriteit. Daarom skep ons deur die week verskeie geleenthede en platforms waar ons as gemeente saam kan kom in gebed.
Woordskool
Ons Woordskool vind elke Maandagaand vanaf 19:00 by die kerk plaas en word deur Willie en René Gresse aangebied. Tydens die Woordskool bestudeer ons verskillende temas en boeke van die Bybel deeglik en binne konteks saam.
Vir meer inligting of om in te skakel, kontak ons gerus by +27 62 110 8739 of klik op die knoppie hieronder.
Liefdadigheid
Liefdadigheid is vir ons gemeente van groot belang. Deur Die Nes en die hulp van ons vrywilligers, pak ons weekliks kospakkies op om die minderbevoorregtes in ons gemeenskap te ondersteun. As jy op enige manier ’n bydrae wil maak—of dit nou in die vorm van produkte, klere of selfs ’n finansiële skenking is – kontak ons gerus by +27 83 322 7890 of deur op die knoppie hieronder te klik.