East Coast Foundation
Die East Coast Foundation (ECF) is 'n 'non-profit company' wat werk om 'n verskil
te maak deur gemeenskap werk te doen.  Gewillige hande en harte wat 'n groot verskil maak.
				Die Nes-span
Ons Nes-span is 'n groep vrywilligers wat weekliks saam trek om die minderbevooregtes in ons gemeenskap te help met kos, klere en beddegoed om net 'n paar goed te noem.
															Hoe kan jy 'n bydrae maak?
Vir die span om te bereik dit wat die Here op hulle harte geplaas het kort hulle gereelde donasies van kos, klere, beddegoed en huistoerusting. Die Nes ondersteun weekliks families reg oor Oos-Londen deur die verbetering van die mense se lewensomstandighede. Ons waardeer ook enige finansiele bydrae omdat dit ons instaat stel om te betaal vir die aankoop van goedere en brandstof sodat ons alles kan vervoer na die gemeenskap toe. Ons is baie dankbaar vir enige bydrae.
BANKBESONDERHEDE
First National Bank
Cheque Account
Account Number : 629 120 485 28
Branch Code : 210 554