Ons moedig al ons gemeentelede aan oom weekliks deel te wees van ons Feesdiens. Dis ‘n geleentheid waar ons kan saam kom vir gemeenskap, aanbidding en Woordbediening. Liefde is ons eerste reaksie in alle interaksies tydens ons dienste, want ons glo ons lewens moet getuig van die liefde van Jesus.
Tydens die diens vertrou ons op die leiding van die Heilige Gees vir elke omblik, want dis alleenlik deur Sy krag wat daar werklik ‘n impak gemaak kan word in die lewens van ons mense.