Skip to content

Gees en Lewe

Welkom by Gees en Lewe

As 'n gemeente is ons visie om tot eer van God, effektief diensbaar, 'n sielewennende liggaam van Christus te wees.

Dienste

Tydens die diens vertrou ons op die leiding van die Heilige Gees vir elke omblik, want dis alleenlik deur Sy krag wat daar werklik ‘n impak gemaak kan word in die lewens van ons mense.

Kinderbediening

Ons Kinderbediening kom weekliks tydens osn Feesdienste bymekaar, waar hulle geleer word; Wie God is en waar ons as kind en mens in Sy prentjie in pas.

Tienerbediening

Elke Vrydagaand by FlyZone Jeug skep ons ‘n geleentheid vir ons tieners om in ‘n veilige omgewing te kom wees net wie hulle is.  Daar is tyd om saam met jou vriende speletjies te speel en baie pret te hê, maar belangriker as dit word daar tyd in die Woord en in aanbidding spandeer.

Jetro-groepe

‘n Jetro-groep kom weekliks, half maandeliks (elke 2 weke) of maandeliks (elke 4 weke) bymekaar.  ‘n Plek van groei en vrae vra.  ‘n Plek van ondersteuning, hulp en aanmoediging, om mekaar te herhinder dat ons nie alleen op hierdie reis is nie.

Woordskool

By Gees en Lewe se Woordskool bied ons deur die jaar verskeie kursusse aan oor uiteenlopende temas en Bybelboeke. Dit is ’n geleentheid om jou kennis van God se Woord te verdiep en geestelik te groei in ’n praktiese en relevante manier. Elke kursus is ontwerp om jou te help verstaan, toepas en uitleef wat die Bybel sê in jou alledaagse lewe.

Bedieninge

Waar kan ek inskakel?

Jy kan begin deur die skakel hier onder aan te volg en al die vrae in te vul sodat ons kontak kan maak met jou.