Ons moedig al ons gemeentelede aan oom weekliks deel te wees van ons Feesdiens. Dis ‘n geleentheid waar ons kan saam kom vir gemeenskap, aanbidding en Woordbediening. Liefde is ons eerste reaksie in alle interaksies tydens ons dienste, want ons glo ons lewens moet getuig van die liefde van Jesus.
Tydens die diens vertrou ons op die leiding van die Heilige Gees vir elke omblik, want dis alleenlik deur Sy krag wat daar werklik ‘n impak gemaak kan word in die lewens van ons mense.
Carpet Time
'n Sondagaand, 18h00.
(Slegs die eerste Sondag van elke maand)
Een keer ‘n maand skep ons die Geleentheid vir ‘n omblik intieme aanbidding en gebed saam met ons mense. Tydens dié geleentheid word daar ‘n mikrofoon opgestel vir korporatiewe gebed tussen deur die lewendige aanbidding van ons gemeente aanbiddingspan.
Weereens nooi ons al ons gemeentelede uit om deel te wees van hierdie geleentheid, omdat ons glo dat ons nie nodig het om dié lewe alleen aan te pak nie, maar dat ons mekaar ondersteun in gebed en in saam wees.