Tienersbediening
Tienerbediening
Ons hart is om die volgende generasie ‘n te lei in om te verstaan dat ons elkeen geroep is vir ‘n doel. Maak nie saak waar jy jouself nou en voorentoe vind nie, die Here het vir jou nou en in jou toekoms ‘n plan. Dis vir ons belangrik dat elke tiener sal verstaan en glo dat die rede vir ons bestaan Jesus is en dat daarmee saam ‘n verantwoordlikheid kom; dat ons elke dag in alles wat ons doen die liefde van Jesus sal uit leef.
Tienerbyeenkomste
'n Vrydagaand, 19h00.
Graad 7 – 12
Elke Vrydagaand by FlyZone Jeug skep ons ‘n geleentheid vir ons tieners om in ‘n veilige omgewing te kom wees net wie hulle is. Daar is tyd om saam met jou vriende speletjies te speel en baie pret te hê, maar belangriker as dit word daar tyd in die Woord en in aanbidding spandeer. Ons moedig ons tieners aan om ‘n daaglikse “lees jou Bybel, bid elke dag” leefstyl uit te leef, want dit is waar ons groei in ons verhouding met God. Daar word ook ruimte geskep vir ons tieners op die einde van ons program vir gebed en gesels met ons leiers. Dit is vir ons belangrik dat elke tiener tuis sal voel.





