By ons gemeente is saam wees vir ons baie belangrik. Daarom moedig ons saam met ons Sondagdiens bywooning Jetro-groep bywooning vir al ons gemeentelede aan. ‘n Jetro-groep kom weekliks, half maandeliks (elke 2 weke) of maandeliks (elke 4 weke) bymekaar. ‘n Plek van groei en vrae vra. ‘n Plek van ondersteuning, hulp en aanmoediging, om mekaar te herhinder dat ons nie alleen op hierdie reis is nie. ‘n Veilige spasie.