Kinderbediening
Kinderbediening
'n Sondagoggend, 09h00. (Tydens ons Feesdiens)
3 Jaar – Graad 7
Maklike maniere vir 'n ouer om die Kinderbediening by die huis te ondersteun:
Bespreek die vrae wat op jou kind se Aktiwiteitsblad verskyn. Hierdie vrae kan ‘n bespreking oor die week se onderwerp begin.
Leer die ‘GROOT WOORD’ Bybelverse saam met jou kind. Ouers kan selfs ‘n beloning gee indien die kind/ers die vers/e kan onthou.
Spandeer tyd saam in God se Woord en bid as ‘n gesin saam.
Saam!
God hou daarvan om tyd saam ons te spandeer! Hier is ‘n opwindende manier vir jou en jou gesin om elke dag, met Hom, tyd te spandeer.
LEES ‘n gedeelte uit die Bybel.
VRA vir God om jou iets te leer soos wat jy lees.
PRYS die Here – vertel Hom hoe baie jy Hom liefhet.
Vertel vir God dat jy jammer is vir die goed wat jy doen, wat Hy nie wil hê jy moet doen nie.
Vra vir dit wat jy nodig het.
Bid vir ander en hulle nood.
Dank die Here dat Hy jou gebede beantwoord, met jou praat en goeie goed in jou lewe doen.
Bybelverse om te lees:
Joh 3v16
Ef 3v18
1 Kor 13
Joh 14v6
Ps 139
Fil 4v4-9
1 Joh 3v16
1 Pet 1v3
Ps 27: 4
Pred 3v11
Rom 1v16
Fil 4: 6
Jer 31: 1
Mar 16: 15
Matt 22v37-3


